Saturday, October 10, 2009

My Fok

09 October 2007

So, Kaapstad…… middag op die lang reguit pragtige Weskus highway.

Die kontras is beautiful. Vlaktes met soveel dimensie en kleur…. Ek staar vir oomblike strak voor my soos toe ek gister Paternoster toe gery het, in ‘n donderse daze…..

Die alfa state wat ek myself bewustelik in bevind laat my weer van vooraf tjank want ek voel dieselfde tipe emosies as gister, maar met een groot verskil. Vandag huil ek uit pure trots, verligting en wete dat ek die gevoelens kan identifiseer. Ek voel ook ‘n mate van pragtige verlossing dat ek nooit weer hierdie tipe pyn op hierdie diep vlak sal voel nie.

Voor my ‘n mooi wolkbank en toe tafelberg met haar fluffy sagte woljas aan. Dit ego presies die beauty maar ook donker en onseker elemente wat ek huidiglik in myself identifiseer maar meer belangrik VOEL.

Hier is sonskyn, sagte cumulus wolkies tussen die dig donker wolke wat dreig om regtige koue weer, reen en miskien ook storms mee te bring. Die wind is onstuimig en die see…….Moerig!

Alles so in een, my bliksem, dit is mos in die natuur presies soos wat in elke mens is. Dit is amazing, maar ons weet dit almal, hoekom is dit dan so moeilik om te glo en hoekom is ons so donders hard op ons self?

Ons is al die seisoene in een en net soos wat die natuur so pragtig is so is ons as individue nog meer pragtig maar ook by verre meer gekompliseerd.

Party van ons is bang vir donderstorms. Party sukkel om te cope met hitte, party kan nie ry as dit reen nie (dit is die geval met meeste Gautengers, nie omdat hulle bang is nie, hulle verloor net hulle koppe as dit begin reen) Party haat herfs met haar bruin rooi blare oral. Sneeu is vir meeste mense pragtig en vir ander eenvoudig net te koud.

So ook is daar donderstorms in onsself, as ons emosioneel oorverhit is dit ongemaklik en as dit reen, kruip ons weg vir die wereld of ons gebruik dit om ons omgewing te manipuleer, beinvloed of skoon te maak.

Ander weer voel gemaklik met die sneeu of dan emosionele onbeskikbaarheid en of afsydigheid.

Dit raak vir my so presies aan wat ons wil en kan identifiseer in onsself. Die skadu aspekte van ons menswees. Ons besef nie hoe destructive ons is teenoor ons self maar ook teenoor die wereld om ons is nie.

Gedurende die afgelope twee jaar het ek regtig in die spieel gestaan en begin besef wat my skadu aspekte is, die oorsprong daarvan in terme van familie oorsprong en geskiedenis en kollektiewe bewustheid van die omgewing waarin ek groot gework het en dan die effek van my skadu gedrag op myself en ander mense.

Dit is ‘n pragtige verligte realisasie om te begin identifiseer WAT presies maak HOE ek optree.

Dan skop ‘n afskuwelike wete van net hoe siek die wereld om ons is en omdat dit my verwysings raamwerk is, oorheers dit nog steeds op ‘n meta kognitiewe vlak my gedrag. Sien ek het bewustheid ontwikkel deur verskriklik harde “eie – self “werk en ek kan ook op ‘n sub bewustheid vlak identifiseer wat gaan vir wat, maar dan is die donderse werk nog steeds nie gedoen nie want dan begin mens besef alles wat jy geleer het van metakognitiewe vlakke en sellulere vlakke is regtig waar.

Oor die jare het ek net meer hardegat geword en vat geen bol van niemand nie (nou goed behalwe miskien drie of so baie spesiale mense in my lewe). Ek het geleer om my selfwaardigheid baie assertief te beskerm en te beklemtoon en dit is ‘n ongelooflike lekker spasie on te begin beweeg in. Mense wat my net lankal ken verstaan nie waar dit vandaan kom nie en sukkel maar om te cope met hierdie nuwe gedrag.

Dit wat uiterlik vir die wereld wys kan nogals vergelyk word met die bekende “dark horse” en dit pas my want dit beskerm my.

Hoe minder mense my kan lees hoe minder kan hulle my “hot buttons” identifiseer en sodoende my minder aanraak en potensieel seermaak.

As diep pyn en swaarkry en skaam nie in jou verwysings raamwerk sit nie is dit baie moeilik om te identifiseer met hoe so ‘n persoon voel en funksioneer.

Net soos wat dit vir ‘n misbruikte persoon baie moeilik is om met ‘n persoon uit ‘n sogenaamde perfekte lewe te identifiseer.

Hartseer, diepe grille en walging vir gebeure in my lewe affekteer nog steeds my droom wereld, soveel so dat ek gereeld wakker le want ek is te bang om my oe toe te maak.

Onregverdigheid en ‘n minagting van basiese menseregte, soos respek is iets wat my verander in ‘n bul met ‘n verskriklike seer toon en die matador wat die rooi vlag van minagting dra sal verseker selde leef om die storie oor te vertel.

Dit gese voel ek die effekte van minagtinde gedrag en onregverdigheid so diep aan dat ek van vooraf myself verenselwig met die pyn wat ek al vir soveel jare al saam met my dra. Die ironie is dat hoe ouer ek voel, hoe dieper voel ek die pyn veral as dit my menswees aanraak.

Hoekom is ek siek? Dit is maklik….. as jy my gevoelens van seer en hartseer en kwaad kan bottel sal ‘n druppel daarvan enige gesonde mens laat omval.

Waar tog is die donderse “off”switch om net die triggers af te skakel? Kan ek nie nou maar net ‘n geleentheid kry om net normaal in lig en geluk te funksioneer nie. Net totale aanvarding te kry en erkening te kry vir wat ek kan offer, al die liefde wat ek binne in my rondra en net wil deel met die mense vir wie ek so lief is?

Hoe doen ‘n mens dit, hoe vergeet jy net en hoe laat jy die pyn wat op ‘n diep sellulere psigiese vlak sit eenvoudig net soos water van ‘n eend se rug af hardloop?

En dit is nie asof ek nie probeer nie. Elke keer nog in my lewe as ek omval staan ek op met ‘n moerse groot smile op my gesig, skud myself af en gaan aan met die tenacity van ‘n pitbull, maar diep binne huil ek hartstogtelik met ‘n hartseer wat nooit in woorde beskryf kan word nie.

No comments:

Post a Comment

A dream come true

A dream come true
A dream come true

Followers